Jol van die jaar

Dis weer tyd vir die jol van die jaar - Pendoring-reklametoekennings se glansryke bekroningsaand op Vrydag 30 Oktober by Vodacom World in Midrand. En met Pendoring wat vanjaar sy 20ste verjaardag vier, kan dit nie anders as om die moeder van alle jolle te wees nie!
Riana Nel
Riana Nel

As jy nog nie voorheen dié spog-geleentheid bygewoon het nie, moet jy seker maak dat jy vanjaar kan sê Vat so! Ek was daar! Behalwe dat die land se top-reklameskeppers vereer word vir hul kreatiwiteit, is die aand volgepak met top-vermaak, smullekker kos en 'n sak vol geskenke van die borge vir elke gas. En vir die droë kele is daar gratis bottel wit- en rooiwyn van Leopard's Leap sowel as 'n bottel vonkelwyn van KWV vir elke tafel.

Met kunstenaars soos Riana Nel, Kurt Herman, LeAnne Dlamini en die Mzanzi Youth Choir wat die verhoog vanjaar aan die brand gaan sing, is die vermaak beslis iets om oor huis toe te skryf!

As een van die groot name in Afrikaanse musiek met treffers soos "Die Moeite Werd", "Dans", "Soos die Son", "Tyd om te Lewe", "Tweede Kans" en "Weier", het Riana Nel nie net baie Suid-Afrikaners se harte verower nie, maar haarself ook gevestig as een van die talentvolste Afrikaanse liedjieskrywers vandag. Haar album Die Regte Tyd was 2014 se topverkoper in Suid-Afrika met verkope van meer as 62,000 en Die Moeite Werd het intussen die 100 000-merk verbygesteek.

Kurt Herman
Kurt Herman
LeAnne Dlamini
LeAnne Dlamini

Kurt Herman is veral bekend vir sy hoofrol in die musiekspel Kat and the Kings wat ná suksesvolle speelvak in Suid-Afrika vir drie jaar in Europa en die Verenigde Koninkryk voor vol sale gespeel het en dikwels staande ovasies ontvang het. Die musiekspel het in 2000 die Laurence Oliver-prys gewen vir beste musiekspel en vir die beste akteurs in musiekspel.

Die Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer LeAnne Dlamini wat bekendheid verwerf met haar eerste album Simply Luvlee waarvoor sy in 2011 die Metro FM-prys vir die beste vroue R&B-album gewen het, is nog gunsteling-gaskunstenaar. Ná die sukses van haar eerste album het sy 'n tweede album The Journey uitgereik. Sy het ook al optredes van internasionale sterre soos Akon, Mika, Fat Joe, Kanye West, Sean Paul, Joss Stone, Snoop Dog en Pharell Williams geopen.

Met hul jeugdige klank, sensasionele choreografie en polsende energie, word die Mzanzi Youth Choir allerweë beskou as die beste show koor in die land en elke optrede is musiekervaring soos min. Hul optredes strek wyd - van die One World Music Festival, M-Net Idols, Huisgenoot Skouspel, Starlight Classics en die presidensiële inhuldigingseremonie tot die KKNK, die Nasionale Kunstefees op Grahamstad, die Suid-Afrikaanse Musiektoekennings en selfs saam met die gewilde Italiaanse tenoor Andrea Bocelli.

Buiten die fokus wat vanjaar op Afrikaans val (Afrikaans is nie verniet 90 jaar oud nie!), vier Pendoring ook Suid-Afrika se ryk verskeidenheid inheemse tale. Daarvoor het Brenda Wilson van die agentskap First Pencil spesiaal liedjie geskryf met die naam "Dankie Babel". Dit gaan in animasievorm uitgebeeld word deur prettige kleikaraktertjies wat elkeen van die inheemse taalgroepe verteenwoordig. Die sangeres is Melissa Allison.
Veral omdat Pendoring vanjaar sy 20ste bestaansjaar vier, gaan die Pendoring-produksie behoorlik uithaal en wys, sê Theofista Ellis, bekende regisseur en stukrag agter die produksie. "Dit gaan plesierrit wees van vroeg tot laat - kleurryk en met spesiale effekte. Vir die eerste keer gaan LED-skerm van 8 m by 4 meter ingespan word vir die oudio-visuele aanbieding."

Nadia Beukes
Nadia Beukes

En soos gewoonlik, gaan die seremoniemeesters verder glans aan die geleentheid verleen. Vanjaar is Martin Bester, radio-omroeper van Jacaranda FM en Nadia Beukes agter die mikrofoon as aankondigers. Nadia is tans die aanbieder van die realiteitsreeks Boer Soek 'n Vrou op kykNET asook Groot Ontbyt op kykNET. Haar TV-rolle sluit in Villa Rosa, Hartland, Binnelanders en Getroud met Rugby op kykNET. Sy was ook in 2013 deel van die ontwikkelingsproses en vervaardiging van Sterlopers: die eerste Afrikaanse musikale jeugdrama op kykNET waarin sy die rol van Ingrid vertolk. Sy skiet tans aan die volgende seisoen van Sterlopers.

Dan is daar ook nog die gewilde after-party in die dome waar almal die hare kan laat hang en kuier tot die perde horings kry. Met platejoggie Duanne Rockwell wat die makietie woema gaan gee, beloof dit om een groot fees te wees en die Pendoring-bekroningsaand op 'n heuglike noot af te sluit.

  • Die aand behoort uiteraard aan die reklameskeppers wie se wenwerk in die onderskeie Pendoring-kategorieë bekroon en gevier word. Die algehele wenner van die Prestigetoekenning kry benewens 'n goue Pendoring-trofee ook 'n oorsese studiereis ter waarde van R100,000 om by die beste van die beste in die reklamebedryf te gaan leer.

    Die wenners van die verskillende subkategorieë kry elkeen 'n goue Pendoring en R6,000 kontant, die wenners van 'n silwer Pendoring-trofee kry R2,500 kontant en 'n silwer Pendoring-trofee. Die wenner van die Umpetha-toekenning vir die beste advertensie in een van die ander inheemse tale kry 'n kontantprys van R20,000. Die algehele studentewenner kry 'n kontantprys van R10,000 en 'n internskap vir jaar by Etiket.

Kaartjies vir die Pendoring-bekroningsaand is nou te koop by Corrie le Roux (az.oc.aidemtnarbiv@eirroc of 011 880 5202). Studente ontvang 25% afslag op kaartjies. Keerdatum vir besprekings is Maandag 19 Oktober.

Pendoring
Pendoring
Pendoring is the platform that embraces country and industry to promote, unify and celebrate the richness of South Africa's creative content in all its indigenous languages.

 
For more, visit: https://www.bizcommunity.com