PRESS OFFICE
LISTING
Homenewsabout usContact UsWebsite
News

Pendoring 2015 is 'n knewel

Inskrywings vir vanjaar se Pendoring-reklametoekennings is nou oop en Pendoring doen 'n beroep op alle reklame-agentskappe en bemarkers om 'n advertensie in Afrikaans of een van die ander inheemse tale te skep wat Suid-Afrikaners se hartsnare sal roer en deel sal word van ons kultuurskat.
Die geskenkpak wat aan die skeppende hoofde van die reklame-agentskappe en bemarkers gestuur word
Die geskenkpak wat aan die skeppende hoofde van die reklame-agentskappe en bemarkers gestuur word

Bykomend tot die lojaliteit aan sy sterk Afrikaanse wortels, streef Pendoring ook toenemend daarna om kreatiwiteit en 'n hernieude belangstelling in ander inheemse tale te bevorder. Dit is tog 'n bewese feit dat verbruikers hul harte, koppe en beursies meer geredelik oopmaak wanneer daar in hul huistaal met hulle gepraat word.

Wat is 'n beter motivering vir reklameskeppers as die oorsese studiereis van R100,000 om hul kreatiwiteit vrye teuels te gee en met die beste Afrikaanse advertensie vorendag te kom. Nog nooit in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse reklamebedryf was daar al ooit so 'n groot beloning vir skeppende werk nie. Pendoring is die enigste reklametoekennings wat skeppendes finansieel beloon vir hul werk.

Maar dis nie net die beste Afrikaanse advertensie wat beloon word nie. Die wenner van die Umpetha-toekenning vir die beste advertensie in een van die ander inheemse tale kry R20,000 kontant. Ook nie te versmaai nie.

Bemarkers hoef ook nie afgeskeep te voel nie. Die kliënt van die Prestige-pryswenner kry gratis advertensieruimte van Pendoring se mediavennote en die kliënt van die goue wenner in die radiokategorie kry gratis handelstyd van OFM.

Die ander goeie nuus wat die reklameskeppers se harte sal verbly, is dat die inskryfgeld nie verhoog is nie en dat daar ekstra kategorieë is om voor in te skryf.

Die Pendoring-plakkaat wat aan al die reklame-agentskappe gestuur word
Die Pendoring-plakkaat wat aan al die reklame-agentskappe gestuur word
click to enlarge

Mense in die reklamebedryf het oor die algemeen 'n liefde-haat-verhouding met hul werk. Aan die een kant is hulle mal oor die skeppende proses en aan die ander kant word hulle negatief beïnvloed deur kort sperdatums, klein begrotings en minder interessante opdragte.

Vanjaar se Pendoring-veldtog fokus op hierdie werklikheid en daag skeppendes uit om ondanks die uitdagings steeds hul beste te lewer, volgens Tiaan Ras, direkteur van die reklame-agentskap Etiket, wat vir vanjaar se Pendoring-reklameveldtog verantwoordelik is.

"Jy het altyd 'n keuse wanneer jy voor ? uitdaging te staan kom," sê Ras. "Daarom het ons met die konsep Vat So! vorendag gekom. Dit kan 'n positiewe óf 'n negatiewe antwoord wees, hang af van die houding waarmee jy die taak aanpak. Jy kan kies om die opdrag 'n Vat So!-opstopper te gee en uitmuntende werk te lewer, of jy kan kies om lyf weg te steek en net die nodige te doen."

2015 is die eerste jaar dat digitale en interaktiewe media die vertrekpunt van die veldtog is. Dit is 'n gemengdemediaveldtog wat die volgende elemente insluit: ? webwerf met interaktiewe speletjies, sosiale media, direkte bemarking (geskenkpakke vir bemarkers en skeppende hoofde/uitvoerende skeppende hoofde), e-posbemarking, plakkate, advertensies in gedrukte media en radio-advertensies.

"Ons weet dat dit nie altyd maklik is om positief te bly nie, daarom het ons 'n paar ekstra elemente ingesluit om die kreatiewe siele te motiveer," sê Marion Low, inhoudshoof by Etiket.

Omdat skeppendes inherent mededingend is, het Etiket ? speletjie, die Vat So!-vasvra, ontwerp waarmee al die reklame-agentskappe teen mekaar kan kragte meet met hul kreatiwiteit. Daar is 30 vrae wat jy so vinnig as moontlik moet beantwoord. Hoe meer antwoorde jy regkry in die kortste tyd, hoe hoër beweeg jy op teen die punteleer. As jy 'n lewe verloor, moet jy weer voor begin. Die speletjie sal vanaf 1 Augustus 2015 op die Pendoring-webwerf aktief wees.

"Die hoof-element van die veldtog is natuurlik die grafiese uitbeelding van Vat So!," sê Karen Steenkamp, skeppende hoof van Etiket. "Aangesien ons met skeppendes kommunikeer wat reeds alles gesien het, was dit noodsaaklik dat die grafika so anders en opvallend as moontlik moet wees. Dit is belangrik om daarop te let dat die middelvinger nooit na iemand gewys word nie, maar eerder na negatiewe houdings."

Vanjaar se veldtog sluit verskeie nuwe kategorieë in. Dis belangrik om daarop te let dat in die kategorie Eg Suid-Afrikaans word vanjaar net op inheemse tale (Engels is dus uitgesluit) gefokus.

Behalwe die Prestige- en Umpetha-toekennings, is daar ander pryse wat te wen is, nl.:

  • Elke goue wenner ontvang 'n goue Pendoring-trofee en R6,000 kontant.
  • Elke silwerwenner ontvang 'n silwer Pendoring-trofee en R2,500 kontant.
  • Die algehele studentewenner stap weg met 'n kontantprys van R10,000, asook 'n internskap in 2016 by Etiket.

Moenie dat die kans van ? leeftyd om by die beste van die beste internasionale reklameskeppers te gaan leer of om een van die ander pryse te wen deur jou vingers glip nie. Die inskrywings sluit 31 Julie 2015.

Vir meer inligting oor die toekennings, die verskillende kategorieë of oor hoe om in te skryf, besoek www.pendoring.co.za.

Ons borge is:

Platinum: ATKV, Huisgenoot, Media24, kykNET, Die Dagbreek Trust

Goud: Toyota

Silwer: Die Burger, Rapport

Brons: Ads24, OFM, Sanlam, Jacaranda FM, Caxton-gemeenskapskoerante

Ons vennote is: Kulula.com; Maroela Media; Leopards's Leap Wines; Bizcommunity.com; Newsclip; MarkLives.com; DEKAT

8 May 2015 12:54

<<Back