Media News South Africa

Face-lift for Die Burger

Die Burger has undergone a complete overhaul under new editor Arrie Rossouw. Thursday saw the launch of a new look that was re-worked by Mario Garcia, who designed the layout for the Wall Street Journal.

The new layout is aimed at improving reading pleasure through ease of navigation. There's more space, bolder fonts and shorter reports concentrating on facts. Its colours are typically Cape-related with wine reds, ocean blues and cape sand.

The revamp is a complete overhaul under Die Burger's new editor Arrie Rossouw. It was re-worked by information architect Mario Garcia, one of the world's foremost experts on newspaper design. Mario also lays acclaim to having designed the Wall Street Journal layout. The new look is based on research done by the Poynter Institute for Media Studies and includes more pleasing aesthetics.

Die Burger has been going for more than 80 years. Their last revamp was in 1992 under the previous editor, Ebbe Dommisse.

Die Burger's new editor Arrie Rossouw had this to say: "Sedert Die Burger twaalf jaar gelede drastiese veranderinge in uitleg en voorkoms ondergaan het, het die wêreld van kommunikasie en die nuusmedia 'n revolusie beleef. Die Internet en die wêreldwye web (www) het gekom en alles omgekeer. 'n Golf van brekende nuus - op aanvraag 24 uur per dag - het die wêreld en die tradisionele nuusmedia getref.

"Met die gebeure van 11 September 2001 het die Internet sy nut as intydse nuusmedium, naas televisie, met skouspelagtige lesersyfers bevestig. Koerante, wat in siklusse van 24 uur publiseer, is tot die uiterste beproef. Maar hulle het die toets geslaag.

"Vandag word die tradisionele koerantleser toegegooi met brekende nuusaanbiedinge op 24-uur TV-nuuskanale en ewe formidabele nuuswebruimtes - CNN, Sky en News24. Hul reeds beperkte koerantleestyd word al minder en die nuusprikkels al hoe meer. Maar dit is juis waar die gehalte-dagblad sy krag begin toon.

"Hoe minder tyd die leser het, hoe belangriker word dit dat die koerant die brekende nuus analiseer, interpreter en verteerbaar en leesbaar verpak. Harde nuus moet aangevul word met agtergrond en diepte-ontledings. Op die koerant word al groter druk geplaas om gebeure te weeg en te keur vir sy lesers.

"Die uitdaging aan die moderne koerant is om aan sy lesers gehalte nuus te verskaf in so 'n verpakking dat die leeservaring prikkelend en moeiteloos is. Die moderne koerantleser wil soggens vroeg die nuus in 'n neutedop sien - tegelyk oorsigtelik en relevant. Die koerantredakteur moet die leser deur die nuus navigeer.

"Ondanks hierdie felle aanslag teen die tradisionele nuusmedia, kon die gehaltekoerant daarin slaag om sy reputasie as betroubare nuusbron te handhaaf. Te midde van die ooraanbod van inligting en kakofonie van 11 September het die koerant die toets as interpreteerder van die nuus met vlieende vaandels geslaag.

"Die 'Nuwe' Burger is uit hierdie post-11 September-behoefte aan navigasie gebore. Met meer nuusprikkels op die voor- en agterblad, treffende grafiese elemente en foto's, meer beskrywende opskrifte, 'n groter verskeidenheid korter nuusbrokkies en gerieflike navigasiekolomme word die leser in staat gestel om vinniger 'n beter oorsig oor die belangrikste nuus te kry.

"Met die nuwe benadering tot nuusaanbieding bou Die Burger voort op sy aansien as klassieke breëbladkoerant: ernstig, gesaghebbend, betroubaar en koerant van rekord.

"Soos met die veranderinge in die verlede word die koerant gemoderniseer en visueel meer aantreklik gemaak. Daarmee word ook uiting gegee aan sy kontemporêre en progressiewe aard. 'n Tikkie humor word bygewerk om te verhoed dat ons onsself te ernstig begin opneem."

Let's do Biz