Advertising Company news South Africa

Wegspringskoot klap vir Pendoring 2014... veldtog nooi reklameskeppers om inskrywings te stuur

Die afgelope 19 jaar al is die Pendoring-toekennings die tuiste van talle Suid-Afrikaanse ikone. Karakters het op verskeie maniere in Suid-Afrikaners se harte gekruip en integraal deel van die volk geword. Dink maar net aan Castrol se Boet en Swaer, Klipdrift se Vriendelike Frikkie, Vodacom se Yebo Gogo-trio, die rugby-ondersteuners Jan en Elton, ook Toyota se bekkige Buddy. Ons onthou hulle almal, al is dit net 'n beeld wat verbyflits of 'n gesegde wat in ons koppe vassteek.
Castrol se Boet en Swaer is twee van Suid-Afrika se geliefde ikone. Wie gaan hulle skoene volstaan? Dié plakkaat is een van drie in vanjaar se Pendoring-veldtog.
Castrol se Boet en Swaer is twee van Suid-Afrika se geliefde ikone. Wie gaan hulle skoene volstaan? Dié plakkaat is een van drie in vanjaar se Pendoring-veldtog.
click to enlarge
Wie kan ooit Vodacom se Yebo Gogo-trio vergeet? Vanjaar daag Pendoring reklameskeppers uit om met ‘n nuwe geslag ikone vorendag te kom. Die plakkaat is een van drie in die 2014 Pendoring-veldtog.
Wie kan ooit Vodacom se Yebo Gogo-trio vergeet? Vanjaar daag Pendoring reklameskeppers uit om met ‘n nuwe geslag ikone vorendag te kom. Die plakkaat is een van drie in die 2014 Pendoring-veldtog.
click to enlarge
onk en oud was gek na die Chomp-seekoeie. Dié plakkaat is een van drie in die 2014 Pendoring-veldtog. Pendoring is nou oop vir inskrywings. Die sluitingsdatum is 21 Julie 2014.
onk en oud was gek na die Chomp-seekoeie. Dié plakkaat is een van drie in die 2014 Pendoring-veldtog. Pendoring is nou oop vir inskrywings. Die sluitingsdatum is 21 Julie 2014.
click to enlarge

Vanjaar bring Pendoring hulde aan die reklamehelde wat ons jarelank vermaak het, maar daag terselfdertyd die reklamebedryf se skeppende denkers uit om met 'n nuwe geslag ikone vorendag te kom.

Die Pendoring-veldtog is die breinvrug van FCB, verlede jaar se wenners van die Pendoring-prestigetoekenning. "Ons kommunikeer met ons kollegas - die skeppende bedryf - en hulle is nogal 'n klomp harde koejawels. Ons wou iets doen wat hulle regop sou laat sit en kennis neem. Dus, om te verhoed dat ons oproep om inskrywings iewers lê en stof vergader, het ons probeer om iets te skep wat hulle sal prikkel en waarop hulle sal reageer," sê Jonathan Deeb, uitvoerende skeppende hoof van FCB Johannesburg.

"Overgeset synde: terwyl ons hulde wil bring aan die groot ikone en karakters wat voorheen in reklame uitgetroon het, wil ons ook die boodskap tuisbring dat hulle tyd verby is en dat ons 'n nuwe geslag ikone soek," verduidelik Deeb.

Die 2014 Pendoring-veldtog behels drie plakkate in die vorm van 'n veerpyltjiebord met elemente van welbekende ikone. "Uit die staanspoor wou ons iets interaktief doen. En wat kon nou beter wees om die lont aan die brand te steek as om plakkate te skep wat skeppendes aanmoedig om veerpyltjies na kollegas se werk te gooi," sê Francois Delport, senior-kopieskrywer by FCB.

Daarbenewens gaan skeppende hoofde ook 'n toorpop ontvang wat soos 'n ikoniese reklamekarakter lyk. In ooreenstemming met die interaktiewe aard van die veldtog word hulle aangemoedig om dié pop te 'martel', sê Delport.

Die interaktiewe aanslag van die veldtog word soos 'n goue draad deurgetrek tot by die beoordelaars se uitnodiging, wat 'n selfoon, gelaai met lugtyd, 'n speelgoed-pistool en 'n tabletrekenaar insluit. Hul aanvaarding of afwysing van die uitnodiging sal bepaal watter element van krag word.

Bemarkers word ook by die veldtog betrek en aangemoedig om hul agentskappe aan te spoor om 'n nuwe geslag ikone te skep. Sodoende kan hulle R2 miljoen se gratis advertensieruimte of lugtyd van deelnemende Pendoring-borge ontvang, sou hul agentskap vanjaar met die Pendoring-prestigetoekenning wegstap. Die Prestige-wenner ontvang ook 'n oorsese studiereis van R50 000.

Die wenner van die Umpetha-toekenning ontvang R20 000. Umpetha is Zoeloe vir 'beste' en die algehele wenner in die Eg Suid-Afrikaanse kategorieë, wat advertensies en veldtogte in ál die inheemse tale van Suid-Afrika erken en beloon, ontvang dié toekenning. Dit word vanjaar die derde keer toegeken.

Die algehele studentewenner ontvang R10 000 asook 'n internskap by TBWA\ Hunt\LascarisJohannesburg. Wenners van goue Pendoring-trofees kry R6 000 elk, en wenners van silwer Pendorings R2 500 elk.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Julie 2014. Veldtogte wat van 15 Julie 2013 tot 21 Julie 2014 uitgesaai/gepubliseer is, kan ingeskryf word. Die glansryke Pendoring-bekroningsaand vind op 24 Oktober 2014 by Vodacom World, Midrand, plaas.

Sluit aan by die Pendoring Facebookgroep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring. Vir meer inligting oor Pendoring of hoe om in te skryf, besoek www.pendoring.co.za

Pendoring
Pendoring is the platform that embraces country and industry to promote, unify and celebrate the richness of South Africa's creative content in all its indigenous languages.
Let's do Biz